= Author Information = Additional Product Information Prof Malan Nel Prof Malan Nel is op Calvinia gebore waar hy ook gematrikuleer het. Hy voltooi sy teologiese studies in 1964 en in 1984 verwerf hy ’n doktorsgraad in die teologie – albei aan die UP. Prof Nel het ’n lang bediening in die Ned Geref Kerk en sedert 1988 ook in ekumeniese verband. Van 1980 tot 1988 was hy as dosent verbonde aan die Fakulteit Teologie, UP. Sedert 1993 is hy die stigter- direkteur van die Universiteit Vista se afdeling vir Kontekstuele Bediening. Prof Nel is ’n gereelde gasspreker en -dosent by universiteite in die buiteland. Sy studietoere vir predikante en teologiese studente na die VSA is wyd bekend. Hy is die skrywer van talle artikels en boeke, onder meer Jeugbediening (RGN, in die reeks “Studies in Praktiese Teologie”) en Om uit genade te leef (Struik). Sy boek Gemeentebou is met die Andrew Murray-prys bekroon. Prof Nel is getroud en woon in Pretoria. As ‘n emeritus-professor in Praktiese Teologie en Sendingstudies aan die Fakulteit Teologie en Religie van die Universiteit van Pretoria, het hy sy akademiese loopbaan toegewy aan die ontwikkeling van gemeentebou as ‘n integrerende prakties-teologiese veld, met besondere fokus op dissipelmaking, geloofsvorming, en die missionale roeping van die kerk. As navorser, dosent en mentor het hy ‘n diepgaande bydrae gelewer tot die toerusting van bedienaars en gemeentes in Suid-Afrika en verder. Sy werk sluit verskeie boeke en artikels in, insluitend ’n invloedryke trilogie oor gemeentebou. Hy is ook aktief betrokke in bediening en toerusting buite die akademie, en dien steeds as raadgewer, skrywer en aanbieder. View Author Profile Pages 128 Cover Soft Cover 0 Size (Length x Width x Depth) 229 x 152 x 7.7 Weight 205g





